

소개
Jou velkleur maak jou nie vinnig, sterk, slim of gevaarlik nie. Ek wil sommer skree: "Dis net vel, my pel!"'n Geillustreerde kinderboek oor die evolusie van velkleur, gebaseer op navorsing deur die antropoloog dr. Nina Jablonski en die historikus dr. Holly Y. McGee. Saam beskik hulle oor meer as 40 jaar se kennis wat spruit uit hul akademiese werk wat deur ewekniebeoordelaars nagegaan is.Ontmoet vir Epi Dermis! Epi se ander naam is "Vel".



